taxirank © de villiers-serfontein
17.09. 1991
ek
staar jul aan
ry op ry
wag
slaap
eet
wag
honger
om met jul beurt
die wit ‘brood’ vol te prop
wiele wat jul
huistoe
werktoe vat
ek
ry seepglad verby
gerieflik toe
in silwerkapsule
hoor
geswets
aghé
kwéla
kindgekerm
ek
sien
swaarkrylyne
kopdoeke,
styfgepakte checkers
mondjie
suigend aan ’n bors
jy
sou ook wou
per
luukse limousine
limonade en likeur
op ys
tuis wou kom
This comment has been removed by the author.
ReplyDeleteMy Graad 10 Afrikaans Eerste Addisionele Taal leerders geniet hierdie gedig baie. Hulle wil dit met ons Afrikaanse Kultuur-aand opvoer! :-)Ek is so dankbaar!! ...as iemand die vrae wat saam met die gedig gaan graag wil gebruik, kontak my gerus!
ReplyDeletede Villiers-Serfontein