Loslit-Afrikaans
Wat sou dit wees, wonder jy?.....
Ja ek droom al lankal om 'n LOSLIT-AFRIKAANSE-BLOG te begin, en
Viola! vandag doen ek dit!
Wanneer ek tyd het (hiehie, onnies het mos hope tyd sal party mense redeneer ;-), maar ja, wanneer ek tyd het, gaan ek van my goedjies wat ek skryf hier publiseer! Sommige mense noem dit 'skryfseltjies', ek noem dit penne-vruggies.....
....dalk kom daar 'n vervolg-verhaal.... (soos in die ou tyd in die tydskrifte,ne!)
Lees dit, geniet dit en laat my weet wat julle dink.
Die wat ook van hul 'skryfseltjies' wil laat op die blog, is welkom!
My enigste voorwaarde is: 'opbouend en asseblief NIKS ONDER DIE BELT, OF VLOEKWOORDE NIE ouens!!'
Daar is genoeg negatiewiteit ;-) in die lewe!! En ook genoeg aaklige dinge sonder moraal!
Laat ons mekaar opbou en oplig met wat ons skryf, en ook selfs ons kritiek van mekaar se werk, groot 'seblief!
Geniet jou mens-wees, Afrikaanse mens!! ;-)
...tot later.
DeV-S
©
No comments:
Post a Comment