lied van ’n psalm© deur de
villiers-serfontein (na Psalm 73:25 & 26... Wie het ek buiten U in die
hemel? Buiten U begeer ek ook niks op die aarde nie. Al beswyk my
vlees en my hart — God is die rots van my hart en my deel tot in ewigheid.)
Soos die paddas
wag op reën, uit U hemel , my God
so wag ook my
siel op U reën
U seën
U hulp
my God!
By wie anders as
U kan ek my behoeftes uitstort?
My behoefte aan
die skoonheid van poësie
musiek
fyn kuns
gemeensaamheid?
Heer, as ek,
stofverwaaide griet
deurmekaar
moedeloos
verward
bang
bekommerd
vannaand dit
voor u uitsug
dan weet ek dat
al beswyk my
vlees en my hart
U sal my lei
deur U raad
en my daarna in
heerlikheid opneem
want
wie het ek
buiten U in die hemel?
1992.09.20
No comments:
Post a Comment