Plaasvolkies© deur De Villiers-Serfontein (1993- Ebenhaeser)
’n eengesprek
miskien sou
jul tog nie
wou hê
ek moet jul
volkies noem
maar
van kleintyd
was dit maar
dié naam wat
Oupa sê
as hy wou hê
julle moet
iets vir hom doen
ja, ek praat
die afrikaanse taal
is dit...
die onderdrukker-taal?
die helpendehand-taal?
die boerswetsende-taal?
die evangeliedeel-taal?
rym
dit ooit?
sal julle nog
na my luister?
steeds
kan ek jul
gelukkig noem
stertrieme
suurmelk stronkevuur shesheba
poetoepap
pasella
miesies se
meresyn
haasvleis
ketties kresmis
saam kry ons
swaar
as droogte brande kom
saam staan
jul bakhand by die bank
met die boer
as die pula nie
kom
en saans
as diepdrom
ritmies klink
kniel ons wel
voor
dieselfde god...?
wat weet ek
van jul
hartseer en
pyn
sal dit help
as ek jul sê
jul het my
lewe
soo verryk?!
No comments:
Post a Comment