Saturday, 31 August 2013

Vir my Y'shua

Vir my Y'SHUA     ©  
                         deur De Villiers-Serfontein
Jerusalem 2002

... toe ek oor Jerusalem
uitkyk
het ek
soos JY
gehuil
...by die Kotel
toe ek die swart gewade sien wieg...

wou ek
rou
oor hulle JOU nie
ken nie

... maar die Challahs
en Minorah
het my JOU Joodsheid
laat
liefkry
soos my eie
Bruidegom

gebreekte fles

©

gebreekte fles©        de Villiers-serfontein
skerp skerwe
stukke
skywe
lê oral rond
die lewensfles gebreek
tot grond en klei
… tog, in Pottebakkershand
raak stil...

vou om die kern
beskerm

sal U kan soek
en meet en pas
om regte hoekies
in te las?
met watter gom
sou U die lewensskerwe
vas wou lym?
om sonder merk of kraak
my heel te maak!



My God!
is krake, merke, letsels
fles
nog bruikbaar in U diens?

tog wéét ek Heer,
… U liefde is oneindig groot!


Ebenhaéser 1994
                    ....  na aanleiding van Jeremia 18:4-6  en Romeine 9:21                  
                                                                                                                   ©

soektog

Soektog    ©   de Villiers Serfontein

ek smag
en roep
en soek jou
in die wind
en tussen blomme
gras
en bome

maar net betonmurasies
staar my aan
met donker
koue oë
en stadsrumoer
wek my
weer uit my drome              
 
                       Bloemfontein 1972

SY MANTELJAS

SY MANTELJAS ©  de Villiers-Serfontein

November 3, 2012 at 8:52am
Handelinge 12:8
En die engel sê vir hom: Omgord jou en trek jou skoene aan! En hy het dit gedoen. Verder sê hy vir hom: Gooi jou bo-kleed om en volg my!

Hy gee my
die mantel van vreugde
om te dans
in Sy strate
en te deel
met
honger harte
die mantel van
sy vreugde
om my toe te maak
in die donker
en in lig
of pyn
reën
of skyn

versteek nie jou mantel
in gemakzoon
of kas
gebruik dit
verdring
las
van mense

…met jou vreugdejas

                                    28.11.2001

Saturday, 17 August 2013


Ou Kalander©

                            (opgedra aan die Tsitsikamma-bos. Nature's Valley1994.07.06)

mosbelaaide stamme van

                        oer-ou-bos

blink geel dan swart

soos skadu’s sonlig

wieg

 

douswaar varings

ry-op-ry

in leem swart grond

waar muwwe klam reuk

hang

 

ek hoor die heil’ge stilte

opklink tussen

stam en tak

-         en luister

drink

die vrede in

verlang

na U

my God!

 

ek stap

en rus

en sien

die dik stam by my voet

-         en kyk op

en op

tot teen die

blou-blou lug

 

my asem snak!

hoe sterk is jy!

 

Kalander my ou vriend

sal jy my tog vertel

hoe jy so hoog en sterk

na God se hemel

uit kon reik

so lowergroen

so rysig lieflik

staan jy daar

 

die antwoord is eenvoudig

maat

my voete sterk geanker

hier in die regte grond

-         tóg, donker skadu’s

van die bos

het my nie ondermyn

ek groei

en reik

en strek

na lig daarbo!

 

* * *

so styg ek uit en

kan nou vér

kyk

oor bome

bos

en see

my kroon kry Lig

my voete

stewig

ge-anker in Sy Woord

ek werk

vir Hom

        … vir ewig!             De Villiers-Serfontein

Friday, 9 August 2013

Vrinne,
Kyk gerus na my skets wat vandeesweek in die aanlyn-koerant van die Sonskynkus, "The Announcer" opgeneem is.
Dankie Hennie Marais, en geluk aan jou met jou puik koerant! ...hoop om meer Afrikaans daarin te lees in die toekoms!
www.theannouncer.co.za 
my artikel is genaamd: Groen en Blou. :-)
groetnis tot later....